Home | Dawid Kahts – My Stories SA – Sing – S1E6

Dawid Kahts – My Stories SA – Sing – S1E6

Dawid Kahts

KUNSTENAAR PROFIEL

  • Bands: Daaf Vapor, Thys Nywerheid, Battery 9, NuL
  • Musiekstyl: Elektroniese Afrikaans, EDM, Alternatiewe Rock
  • Nuwe Album: Northam Lights (Daaf Vapor)
  • Huidige Stad: Pretoria
  • Bespreek hom vir: Klein tot groot vertonings
  • Liedjieskrywer: Dawid Kahts

My Stories SA: Episode 6 – Dawid Kahts

Episode Uitsaai Datum: 2 Oct 2020

Daaf Vapor (aka Dawid Kahts) is ‘n gesoute musikant en multi-media kunstenaar wat al kitaar gespeel het vir vele uiteenlopende bands, kunstenaars en projekte. Dit sluit in Battery 9, Nul, Bacchus Nel, Thys Nywerheid en menigde ander projekte wat strek van  Wes-Afrika jazz, klassieke kitaar tot industriele harde rock. Hy het drie  Afrikaanse albums uitgereik onder die elektroniese satiriese rock groep Thys Nywerheid en ook in 2019 sy eerste Engelse solo-album (Northam Lights) vrygestel as Daaf  Vapor. Hy werk tans aan ‘n vol-lengte Afrikaanse solo album en stel ook tussen deur elektroniese musiek vry vanuit sy tuis-studio. 

MUSIEK ONDERHOUD

Si-lest Gomes vind meer uit oor Daaf Vapor en gesels met liedjieskrywer, Dawid Kahts.

Wie en wat is Daaf Vapor? Vertel bietjie meer oor Northam Lights?

Daaf Vapor is een van die simptome van my verslawing aan baie sterk esspresso. Northam Lights is die debut album wat in 2019 uitgereik is. In retrospek dink ek die uiteenlopenheid van die album is beide sy sterk en swak punt. Die musiek wissel van EDM tot alternatiewe rock. Ek het al die production, instrumentasie en graphic design op die album self behartig. Selfs die cover foto is ‘n selfie wat ek geneem het!

Dit lyk asof Daaf Vapor besig is om kleintjies te kry want aan die een kant werk ek aan nuwe musiek wat ‘n sterk elektroniese aanslag het saam met ‘n ongelooflike Tswana rapper genaamd Pateletso en aan die ander hand het ek  ook ‘n fantastiese live band wat meer rock gedrewe musiek maak. Dit blyk asof die projek in die goeie Afrikaanse kerktradisie ‘n afstigting gaan hê in die nabye toekoms.

Vertel ons jou storie?

Ek het groot geword in Johannesburg en skool gegaan in Linden. Daar is baie famous musos wat saam met my skool gegaan het soos Chris Chameleon en Karen Zoid. Ek is die minste bekend van hulle almal maar dit pas my goed.  Ek het begin kitaar speel toe ek een aand Jimi Hendrix op die radio gehoor het. My eerste gig was in 1995 in ‘n hok, ons was aangetrek soos ou tannies en het vir Springbok Nude girls ge-open.

Ek het die ander dag getel: ek het al in meer as 25 bands gespeel! Alles van jazz tot industrial metal. Ek het selfs klassieke kitaar bestudeer vir ‘n ruk. Ek hou van verandering. Ek raak gou verveeld en dan beweeg ek na ‘n ander geanre en/of instrument. Afgesien van kitaar wat my hoofinstrument speel ek ook klavier, keyboard, mondfluitjie, bass kitaar en die rekenaar. Ek sien die rekenaar en elektroniese/digitale musiek as ‘n volwaardige musiekinstrument. Party mense reken elektroniese musiek is nie regte musiek nie en mens druk net knoppies. Dit verg egter net soveel vaardigheid om goeie elektroniese musiek te maak as om ‘n tradisionele “analogue” instrument te bespeel. Die groot uitdaging met digitale musiek is om lewe en soul in die masjien in te blaas. Dit is baie moeiliker as wat mense dink. Ek doen graphic design vir ‘n day job en ek voel die twee disiplines om onderskeidelik met klank en vorms te skep het baie ingemeen. Ek is deesdae baie meer bedees en ek is vind nie aanklank by die sogegaamde rock idioom van hedonisme nie. Ek voel mens moet gedisiplineerd en ordelik in jou lewe wees sodat jy wild en oorspronklik in jou kuns kan wees.

Ons het almal al in ‘n onderhoud ‘n onverwagse vraag gekry waarop ons ‘n ondeurdenkte antwoord gegee het. (Paniekbevange of nog nooit daaroor gedink nie!?) Wat is joune?

Ek gee nie werklik om oor ondeurdenkte antwoorde in onderhoude nie – ek weet dis baie cliché, maar alles wat ek te sê het sê ek deur musiek. As ek egter slaaplose nagte kon hê oor alles wat al verkeerd geloop het op die verhoog sou ek nooit ooit weer slaap nie! Elke keer wat ek ‘n lyric vergeet het, akoord vergeet het etc… Maar selfs dit is meeste mense salig onbewus van.

Wat maak jou kreatiwiteit wakker?

Daar is twee kreatiewe prosesse – die een is die geboorte van idees en die ander is die uitvoering daarvan. Idees kom altyd onverwags en dis baie vlietend van aard. Ek probeer altyd ‘n idee vasvang en dit dan vinnig rofweg opneem voordat dit weg is. Die uitvoering van idees is die harde werk en neem 95% van jou tyd in beslag. Dan laastens kom die tegniese fase wat mixing en mastering insluit. Die skepping van videos en live shows is weer heeltemal ‘n ander kreatiewe proses maar dieselfde reëls geld daar.

Wat is daardie een liedjie van jou wat jou intimideer – die een wat jou senuweeagtig maak om te speel?

Enige liedjie wat strain op my vocal range sit is moeilik. Soos meeste ander kunstenaars is ek baie selfbewus oor my vocals. As dit by kitaarspeel kom is ek gewoonlik altyd in ‘n flow state maar met vocals kombineer jy skryfkuns, toneelspel en musiek en dis soms moeilik om dit alles te balanseer.

Daaf Vapor, Thys Nywerheid, NuL…Battery 9 – waar voel Dawid Kahts op sy gelukkigste?

In die verlede het ek dit baie geniet om live te speel. Miskien is dit die lockdown se skuld of die te kort aan live venues maar deesdae geniet ek dit vreeslik baie om in die studio te werk. Om live te speel is soos teater en om musiek op te neem is soos film. Ek het baie meer beheer oor al die variables in die studio en om live te speel is soms ‘n baie chaotiese ervaring. Miskien moet ek net weer ‘n regte gig doen om die balans te bewerkstellig.

Watse vraag sal jy jouself in ‘n onderhoud wil vra?

As daar niks “cool” was daaraan om ‘n musikant te wees nie, as ‘n musikant dieselfde sosiale aansien as byvoorbeeld ‘n melaatse gehad het sou jy dit steeds gedoen het? My antwoord is ja.

NuL en Battery 9 het ongelooflike baanbrekerwerk gedoen in Suid-Afrikaanse musiek en veral in Afrikaans. Was dit vir julle moeilik om ‘n gehoor te vind, hoe het die mense julle ontvang en waar is die lede vandag?

Soos enige iets in die lewe was daar hoogte en laagtepunte. Mens moet op die regte tyd op die regte plek wees. Die beste gigs was seker by al die groot festivals. Rammfest, Oppikoppi, STRAB ens. Dit is maar moeilik om in so ‘n klein niche mark te beweeg en om ‘n volhoubare bestaan te maak in musiek in die Afrikaanse “ondergrond” is bitter moeilik. Mens moet insintriek gedrewe wees en nie ekstrinsiek nie maar dit kan soms baie frustrerend wees. Vra maar my arme vrou/sielkundige. Hahaha. Meeste van die lede van Nul is deesdae in die Noordelike halfrond alhoewel ek en Simon (baskitaarspeler) steeds saam werk in ander projekte. Huyser Burger wat die fisiese vergestalte van Battery 9 was is helaas in 2011 oorlede maar ek het onlangs met Paul Riekert die band meesterbrein gesels en voorgestel dat ons weer die masjien aan die gang kry…..Watch this space!

Gaan luister hier:

 Instagram: #mystoriessa @gosiafrica