
My Stories SA: Episode 5 – Beeskraal
Episode Uitsaai Datum: 20 Sep 2020
Beeskraal is ‘n Afrikaanse rock groep van Pretoria. Hulle vier hierdie jaar hul 21ste bestaansjaar in die musiekbedryf. Die groep is veral bekend vir hulle energieke lewendige optredes en hulle individuele vernuf op hulle instrumente. Hulle het alreeds diep spore getrap in die Suid Afrikaanse musiekbedryf en het talle toekennings ingepalm soos die Rapport VONK toekennings en ‘n ATK ere-toekenning. In 2006 nooi die Belgiese regering Beeskraal uit na die jaarlikse Belgiese volksfees. Hulle het ook al in London en elders in Europa opgetree.
MUSIEK ONDERHOUD
Si-lest Gomes vind meer uit oor Beeskraal en gesels met liedjieskrywer, Charles Smidt.
Vertel meer oor julle Afrikana Osbloed album wat nou uit is?
Beeskraal vier 2020 ons 21ste bestaansjaar in die Suid Afrikaanse musiekbedryf met die 13de studio album “Afrikana Osbloed”. Hiedie album is ‘n huldeblyk aan al die invloede en musiek wat die groep beinvloed het vanaf ons kinderjare saam met ons ouers tot op Universiteit toe Beeskraal gestig is. Die album is rou en outentiek en die groep het die klank so eenvoudig moontlik gehou waar tegnologie deesdae die oorhand kry.
Vertel ons jou storie?
Ek’s in Pretoria gebore, geskool en geswot. My liefde vir skryf het alreeds op laerskool begin. Ek’t verskriklik baie gelees, veral, die Uile, Trompie en Saartjie boeke. In die biblioteek geboer. Toe reeds ook al gedigte begin skryf en ek was ‘n kranige opstelskrywer. Ek was ook baie gefasineerd met die geskiedenis van die Afrikaner en ons herkoms, alhoewel daar altyd rock musiek van Queen tot Anton Goosen in ons huis geluister was. Ek’t egter eers in matriek leer kitaar speel.
Ons eertse optrede was in 1998 by Cool Runnings in Wonderboom waar ons vir Piet Botha geopen het met net vier liedjies.
Ek’t nie ‘n vaste day job nie, maar wat min mense weet is dat ek al 22 jaar ‘n professionele PR/Media en rubriekskrywer is, asook ‘n tv vervaardiger. Ek het my PR degree gedoen nog voor ek gaan jazz swot het. Ek was in die 90’s ‘n professionele skaatsplankryer en het daar die gier gekry om Punk Rock te leer speel.
Een van my life changing oomblikke was my eertse ontmoeting met Kris Kristofferson – ons het baie in gemeen. Sy wysheid en stories laat my dink aan my plaaslike mentor Anton Goosen.
Ek ‘n groot voorliefde vir Western games soos Perdry en Rodeo en sou graag as ek nie ‘n musikant was nie ‘n professionele bulruiter of professionele bokser sou wou gewees het.
Ons het almal al in ‘n onderhoud ‘n onverwagse vraag gekry waarop ons ‘n ondeurdenkte antwoord gegee het. (Paniekbevange of nog nooit daaroor gedink nie!?) Wat is joune?
Ja onverwagste vrae was daar al baie…soos bv. teken julle op vrouens se borste…dan dink ek hoor hier my ouers en my girlfriend luister of kyk die show so ook die res van die band se mense. Dit het my al wakker gehou of was bang om tuis te kom…lol.
Wat maak jou kreatiwiteit wakker?
Nuwe klanke of instrumente wat ek nog nooit gehoor het maak nogals my kreatiwiteit wakker en authentic music instrumente soos doedelsakke, trekklaviere en konsertinas en Celtic music. Behalwe vir trekklaviere en konsertinas is daar genres wat ek graag sou wou mee ekspirimiteer maar wat ongelukkig nooit in Suid-Afrika sal werk nie. Dis waarom Beeskraal ook ‘n niche mark het alhoewel ons hier as Boerepunks beskryf word (of so gedoop is deur die media) noem hulle ons musiek in Amerika en Europa Zydeco/Cajun/Folk Punk.
Wat is daardie een liedjie van jou wat jou intimideer – die een wat jou senuweeagtig maak om te speel?
Omdat ons musiek nogals tegnies is (alhoewel dit maklik op die oor val) is daar ‘n hele paar songs wat ons senuagtig maak, veral as ons dit lanklaas perform het maar dis gewoonlik die structures en arrangements wat ons vang eerder as die akkoorde. Een song wat my intimideer om te speel is ons vertaling tong in die die kies koshuis song, Plaasdorp, want die mense wil dit vier keer ‘n aand hoor en almal sing voor die band uit of drag die song gewoonlik en elkeen het sy eie naam daarvoor…
Vertel ons Beeskraal se storie?
Deur die 21 jaar is daar al paar lede verwissel, mense wat emigreer het, maar ek is baie blessed om maar altyd nog saam met die beste te werk. Ek beweeg nooit van die trop af weg nie, altyd dieselfde mense op beskikbaarheid wat saam my sal speel soos Regardt de Bruin, Mauritz Roos, Theuns Botha, Robert Mitchley, Vinnie Henrico, Jasper van Rensburg, Micheal van Zyl en Wynand Davel.
Coolste gig storie is ons performance op FNB stadium saam Brenda Fassie en Mandoza by die “Concert to Fight Hunger” voor 80 000 mense en ons 2007 Rugby World Cup toer saam die Springbokke in Europa.
My liedjies wat ek skryf is heeltemal anders as my gedigte. Baie keer tong in die kies anargisties soos die Ierse Punk Rock band Dropkick Murphies. Gebruik ook verwysings van volksverhale en lewer sosiale kommentaar oor dinge wat ek daagliks waarneem. Ek sit en top ook nie oor liedere of moet dae lank by ‘n rivier of in die bos gaan sit nie. Melodieë en lirieke kom na my toe. Wil net my ass kick wanneer ek te lui is om dit op te neem terwyl ek slaap of bestuur. Inspirasie word van oral getrek. My sterkste songs is gewoonlik die wat ek die vinnigste skryf (in vyf minute). As ek langer as twee ure met song sit gooi ek dit eenkant.
Watse vraag sal jy jouself in ‘n onderhoud wil vra?
Vraag: Sou jy graag ‘n dokter wou word waarvoor jy gekeur was by verskeie varsities? Antwoord: Ja beslis. Die musiekbedryf is baie taai veral as jy nie ‘n commercial kunstenaar is nie.
Waar het julle al oorsee opgetree en hoe ontvang mense Afrikaanse musiek in hierdie lande?
Baie in London gespeel met “twee jaar na skool break”, Amerika , Holland en Belgie. Meesal vir Suid-Afrikaners maar in Engeland het ons baie voor 50/50 local en Afrikaanse gehore opgetree. Hulle love die energie , die konsertina en banjo al verstaan hulle nie ‘n woord nie. Die Amerikaners hou ook baie van ons musiek omdat hulle Cajun en Zydeco ken.
Toer julle baie in Suid-Afrika en wat is julle gunsteling dorp om in op te tree?
Ons het Suid Afrika al plat getoer. Moet bieg as dit nie vir musiek was nie sou ons helfte van ons land nog nooit gesien het nie. Ons het die kleinste tot die grootste feeste en dorpe gespeel maar ons gunsteling stad bly maar Pretoria.