Home | Die See – My Stories SA – Sing – S1E4

Die See – My Stories SA – Sing – S1E4

Die See Band
Foto deur Henry Engelbrecht

KUNSTENAAR PROFIEL

  • Begin Jaar: 2009 
  • Musiekstyl: Alternatiewe Afrikaanse Rock
  • Albums: Die See, II
  • Instrumente: Kitaar, Elektriese Kitaar, Dromme, Baskitaar
  • Huidige Stad: Pretoria
  • Bespreek hulle vir: Huiskonserte tot groot vertonings
  • Lede: Henry Ferreira, Dylan Graham, Jason Hinch, Jaco Mans

My Stories SA: Episode 4 – Die See

Episode Uitsaai Datum: 13 Sep 2020
 

Die See, skep alternatiewe Afrikaanse progresiewe rock. Hierdie Pretoria groep is bekend vir hul poëtiese atmosferiese lirieke wat buierig deur die lug bly kronkel. Die See is ‘n welkome vars seebries in die andersins hoofstroom kontemporêre Afrikaner kultuur. Hulle is benoem vir drie SAMA-toekennings. Kyk uit vir hul derde album wat einde 2020/begin 2021 die lig sien. Lede: Jason Hinch (dromme), Henry Ferreira (stem en kitaar), Dylan Graham (“lead” elektriese kitaar), and Jaco Mans (baskitaar).

“Die See provides a welcome foil to much mainstream Afrikaans music leading their audience through the imaginary and sometimes contested territories that is contemporary Afrikaner culture. “

MUSIEK ONDERHOUD

Si-lest Gomes vind meer uit oor Die See en gesels met kitaar-speler, Dylan Graham.

Enige nuwe projekte waaraan julle werk en wanneer kom die nuwe album uit?

Ons is tans besig om ons derde album klaar te maak. Ons wil hom graag einde van die jaar of vroeg volgende jaar uit bring.  Covid het almal se planne bietjie verander maar ek dink die ekstra tyd wat ons spandeer het om aan die album te dink en werk was goed. Ons is baie opgewonde oor die nuwe Album.  Ek dink mense gaan verras wees want dit klink baie anders as die ander 2 albums.

Ons het n paar live-stream konserte ook gedurende lockdown gedoen wat nog steeds beskikbaar is aanlyn. Natuurlik is al ons musiek beskikbaar op al die streaming sites.

Vertel ons julle storie?

Ons het maar almal groot geword met ‘n liefde vir musiek. Ons het almal nogal uiteenlopende musiek smaak wat nogal bydrae om dinge interessant te hou. Henry hou nogal van die Beach Boys. Jaco is ‘n Rock en Blues man. Jason luister na van Heavy Metal tot Electronic.  Ek luister baie klassieke en heavy metal musiek.  Maar almal se smaak is baie wyd en sluit baie verskillende en uiteenlopende genres in. Daar is baie raakpunte tussen ons vier maar ook bands en musiek wat ons glad nie oor saamstem nie.  Soos Pink Floyd wat ek en Jaco love en Henry nog nooit van gehoor het nie (lol emoji).  Ons stel mekaar gereeld ook bloot aan nuwe musiek en bands. 

Ons het almal van jongs af in klomp verskillende bands gespeel wat baie musiek genres dek. Ek het selfs as ‘n student vir n band genaamd “Deathgrinder” gespeel wat NIE n heavy metal band was nie (Poppy keyboards het heavy gefeature).  Jason speel vir die  Internasionaal bekende Heavy Metal groep “Boargazm” en ons gaan ‘n bietjie van daardie trom klank op ons nuwe album hê. Jaco het vir jare saam met die baie bekende Regae band “Tidal Waves” gespeel.  

In 2009 het Die See begin bymekaar kom. Intussen het baie dinge verander. Mense het weg gegaan, en ander het bygekom maar Die See bly n orkes wat eksperimenteer met klank. Dis moeilik om dit in ‘n genre te plaas juis oor al die verkillende invloede.

Jaco en Jason is beide voltydse musikante wat aan verskillende projekte werk.  Ek is ook ‘n kunstenaar (@dylantgraham) en Henry skryf kinderboeke oor cowboys en kameelperde. 

Ons het almal al in ‘n onderhoud ‘n onverwagse vraag gekry waarop ons ‘n ondeurdenkte antwoord gegee het. (Paniekbevange of nog nooit daaroor gedink nie!?) Wat is julle s’n?

Jare terug het ons ‘n onderhoud gehad op Radio Tuks. Voor die onderhoud het ons lekker met die omroeper gepraat oor ons musiek en interessante onderwerpe. Toe ons op die lug gaan en die onderhoud begin was sy eerste vraag “Boobs of Boude Manne?” Dit was net so uit die bloute en daar is geen manier om daai vraag reg te antwoord nie.   

Wat maak julle kreatiwiteit wakker?

Die feit dat almal in die groep met sulke uiteenlopende idees uitkom help nogal baie. Ek dink almal doen hulle eie ding en dink op hul eie manier, en snaaks genoeg werk dit nogal saam. Ek dink die vryheid help nogal met die kreatiwiteit.   

Die musiek is sometyds lyric-driven want the lirieke is ‘n groot deel van wat Die See is.  Maar op dieselfde tyd is dit partykeer driven deur die kitaar rif/melody/drum beat.  Ek dink dit is juis die variety wat die musiek interessant hou.  Elke liedjie het ‘n ander oorsprong maar op die ou end is daar temas en beelde wat herhaal.  Dit is amper nooit doelbewus nie en ons sien partykeer eers die tema na ons aan ‘n album gewerk het.

Wat is daardie een liedjie van julle wat julle intimideer? Die een wat julle senuweeagtig maak om te speel?

Ek dink Kluisenar is die liedjie wat ons partykeer kan intimideer. Hy’s in so manier geskryf dat hy baie plek het vir improvisasie en kan dus nogal lank aan hou as ons nie oppas nie.

Die samestelling van jullle musiek wek herinneringe op wat spoel oor ‘n mens soos die getye van die see. Julle is nie ‘n hoofstroom “band” nie…maar die stories in jul musiek raak tog alleman. Vertel ons Die See se storie?

Ons het so half per ongeluk saam musiek begin maak. Ek dink juis daarom kom die musiek uit soos dit uitkom. Ons besluit nie vooraf hoe dit moet wees nie. Ons wil ons self gelukkig maak met die musiek.  Ons skryf ook uit ons eie ervarings uit. Die songs hoef nie ‘n resep te volg nie. Anything goes.  Henry is ‘n woord smit en kan baie komplekse temas in eenvoudige taal skryf.  Hy het min woorde nodig om ‘n groot emosionele impak te hê.    

Watse vraag sal julle julself in ‘n onderhoud wil vra?

Vraag: Wat is die moelikste vraag wat jy al moes antwoord?  Antwoord: Hierdie een. Lol.

Ons is al vier nogal musiek nerds en sal vir ewig oor musiek en gear kan praat.  Min mense het die tyd of geduld om daarna te luister.  Self my girlfriend Alet se oë raak glaserig as ek eers oor kitaars begin praat.

So ‘n goeie vraag sal wees wat is jou gusteling kitaar…antwoord:  Hoeveel tyd het jy?

Wat is diepte?

As daar nie rede is om iets te doen nie moet mens dalk niks doen nie. Op dieselfde tyd is daar dalk juis nie rede nie, en daarom doen mens iets.  Musiek skryf is soos ‘n gesoek of ‘n gegrawe na ‘n vorm of ‘n idee van iets. Dit is dalk ook net niks. Stop my asb. Ek kan verewig dink aan hierdie goed en ek doen.

Waar pas julle in en watter tipe mens dink julle vind aanklank met julle musiek?

Ek hou daarvan om te dink dat mense wat regtig geraak word deur musiek en klank, ook van ons musiek hou. Dit gee vir ons ‘n groot plesier om iets te maak wat ons op een of ander manier raak, en dit dan te deel met ander mense.

Mense in die kuns gemeeskap is geneig om fans te wees.  Dalk het dit te doen met die feit dat ons elke liedjie as ‘n kunswerk sien en benader.

Vind meer uit oor Die See: lees hulle LitNet onderhoud hier.

Luister na Die See:

 Instagram: #mystoriessa @gosiafrica